Kom kuier saam

Aarbei-Musiekfees

By Hoërskool Wagpos
Brits, Noord-wes

Die Aarbei-Musiekfees het in 2009 begin

Van die begin was die idee om geld in te samel vir die gemeenskap

Die ontstaan van die fees

Die Aarbei-Musiekfees het in 2009 ontstaan uit ‘n idee van wyle Pierre van Deventer en Echo Berry/In2food. Hulle het besluit om tonne aarbeie te skenk wat verkoop sal word sodat die opbrengs aangewend kan word vir liefdadigheid in die Brits/Hartebeespoort area, geleë in die Magaliesberg Biosfeer.

So het die Aarbei-Musiekfees ontstaan. Dit word gekombineer met ʼn kulinêre fees van heerlike voedsel en snuisterye, verskeidenheid stalletjies en ook musiek met van die beste kunstenaars. Die fees het ʼn Afrikaanse kultuur maar erken sy groter Suid-Afrikaanse oorsprong.

Die hoofdoel bly steeds soos altyd vir die ondersteuning van liefdadigheid en om so terug te ploeg in die gemeenskap van Brits en omgewing. Dit word gedoen deur donasies aan verskeie verdienstelike organisasies te maak. Die lys van organisasies wat ondersteun word, is op die tuisblad gewys.

Ontmoet die span

Die span word opgemaak deur vrywilligers vanuit Brits. Elkeen met ‘n groot hart vir die gemeenskap en met die fokus om ‘n verskil te maak.