Foto’s van die vorige jare se feesvieringe
Pret, lag, kuier, koop, eet, musiek en meer!

Foto’s 2023
Foto’s 2022
Baie dankie vir die gemeenskap se ondersteuning tydens die aarbei verkope wat in September 2020 en 2021 tydens die Covid-pandemie, so getrou kom aarbei koop het.
Alhoewel ons nie volwaardige feeste die afgelope 2 jaar kon hou nie, het ons steeds op die eerste Saterdag van September vir die afgelope 2 jaar aarbeie teen winskoop pryse aan die publiek, kon bied. Baie dankie vir ons getroue borge wat die aarbeie aan ons geskenk het.
Met die fonds kon ons alreeds ‘n verskil in ons omgewing maak deur skenkings aan verskeie persone/instansies:
- Corner Stone kinderhuis het behoefte aan ‘n slaapkamer vir ses-jarige dogtertjies en ons skenking van verf, teëls en alles wat daarmee saamgaan, asook die arbeid daaraan verbonde, kon hier ‘n verskil maak sien foto’s aangeheg.
- Huis Dawid nodig toerusting vir ‘n kombuis in hul baba afdeling en weereens kon ons ook hier ‘n verskil maak.
- Kersfees vir minder bevoorregte kinders.
- Opkyk Pathways het ook behoefte aan nuwe teëls vir hul terapie kamer gehad en weereens is hier ‘n helpende hand. Die teëls in die vertrek was stukkend en met die nuwe teëls word dit weer veilig vir die kinders om te gebruik.
- Ons het ook die voorreg om ‘n jong seun se vervoer daagliks vanaf sy huis na sy skool, te kon befonds en tans word voedsel ook weekliks by 2 punte in Majakaneng gelewer.
Ons is baie opgewonde oor die nuwe jaar en hoop om ‘n heerlike AarbeiMusiekFees te kan hou en sodoende meer mense in ons omgewing te kan help.
Baie dankie aan almal wat die afgelope 2 jaar betrokke was by die aarbei verkope
by Beeetroot @ Santai Gastehuis in Brits en Village Mall in Hartbeespoort.
Foto’s 2020 & 2021


































































































































































































